Drs G Gaigher, W J Grobler en C N Sparks
Ontmoet ons veeartse
Inligting oor verskeie siektes
Inenting van verskeie diersoorte
Kontakbesonderhede * Let asb. op ons nuwe posadres!!!
Spreekure
English version
Ons praktyk is geleë in die Platinumhoofstad van Suid-Afrika, Rustenburg, slegs 'n paar kilometer van die Magaliesberge. Reeds vanaf die vroeë sewentigerjare in bedryf, word feitlik enige soort dier hier behandel. Die oorgrote meerderheid van siek diere is egter honde en katte, maar al hoe meer voëls en klein troeteldiere soos hamsters duik deesdae hier op.
Diere word ook dikwels op nabygeleë plase besoek. Sodanige oproepe behels meestal siek diere of koeie wat sukkel om te kalf, maar dragtigheidsondersoeke van koeie en vrugbaarheidsondersoeke van bulle maak ook 'n redelike groot deel van die werkslading uit.
 |  |
| Ou vooraansig van die kliniek. | Vooraansig met Centralvet aan die regterkant. |
Indien u enige diereprodukte benodig, is u welkom om enige van die veeartse of Barbara te kontak by 014-533 3215. Indien u 'n produk benodig wat nie op ons rakke is nie, stel ons asseblief daarvan in kennis.
 |  |
| 'n Gedeelte van die troeteldierprodukte. | Die grootdierprodukte en -entstowwe. |
Ontmoet ons drie veeartse

Gerald Gaigher, gebore te Zeerust, het in 1969 as veearts gekwalifiseer. Is getroud met Cecile en het drie dogters. Stel baie belang in grootdierwerk en -teling en besit sy eie Bonsmarastoet.

Kobus Grobler kom oorspronklik van Pretoria en het in 1987 sy graad verwerf. Hy is getroud met Magda en het twee dogters en 'n seun. Hy hou die meeste van chirurgie, veral in kleindiere.

Komende van Middelburg het Newton Sparks in 1993 sy studies voltooi. Hy en Karlien se eerste, 'n seuntjie, is in Oktober 2001 gebore. Newton doen meeste van die werk op voëls in die kliniek.
Inligting oor die volgende veesiektes is op hierdie webbladsy beskikbaar:
Alhoewel dit nie aan te beveel is nie, word hoendermis op groot skaal aan beeste gevoer. In hierdie artikel word dié praktyk bespreek.
Die volgende siektes van honde val ook hier onder die kollig:
Daar is ook 'n bespreking van algemene aspekte van dieregesondheid wat veral op troeteldiere betrekking het, asook verskeie aspekte rakende die hond of kat wat besig is om kleintjies te kry.
Inligting oor inenting van verskeie diere volg hieronder:
Kontakbesonderhede
| Fisiese adres | Klopperstraat 250, Rustenburg 0299
|
| Posadres | Postnet Suite 4, P/Sak X82329, Rustenburg 0300 |
| Telefoonnommers | (014)533 2084/5 |
| Faksnommer | Soos bo — vra vir faks |
| Noodnommer | 083-65-31081 |
| E-posadres | proteaac@iafrica.com |
|
Daar is 24 uur per dag iemand aan diens, dus moet u nie huiwer om te skakel as daar nood is nie!!
Spreekure
| Maandag tot Vrydag | 08h00-11h00 |
16h00-18h00 |
| Saterdae | 08h00-11h00
| 17h00-18h00 |
| Sondae en Vakansiedae | 10h00-11h00 |
|
Kliënte word gevra om asb. by spreekuurtye te hou. Die veeartse opereer of besoek plase tussen spreekure en kan dan nie help nie. As u 'n noodgeval het, skakel net eers om seker te maak iemand is beskikbaar.

Hierdie bladsy is opgedateer op 21-03-2003.