BELANGRIKSTE KENMERKE
- Volledige kuddebestuursprogram
- Bestuursgroepe
- Parings
- Dragtigheidsondersoeke
- Geboortes
- Stambome & registrasie
- Prestasietoetsing (alle fases)
- Inspeksies
- Linięre klassifikasie
- Uitskotredes
- Verkope
- Kuddegesondheid, ens.
- Ontwikkel deur LNR
- Gesamentlike projek met privaat sagtewarehuis (BenguelaSoft BK)
- Ontwikkel vir SA behoeftes
- Voldoen aan vereistes/behoeftes van LNR (Nasionale Vleisbeesverbeteringskema), SA Stamboek en meeste telersgenootskappe
- Kan ewe goed as ‘n onafhanklike vleisbees bestuursprogram gebruik word
- Stoet- en kommersiële kuddes – ewe geskik vir albei
- MS Windows bedryfstelsel
- Afrikaans en Engelse taalkeuse opsies
- Enigste vleisbees bestuursprogram met prestasietoetsverwerkings volgens die LNR Vleisbeesverbeteringskema se protokol, formules, metodes, standaardwaardes en korreksiefaktore.
- Elektroniese dataversending & opname
- Maklik en vinnig
- In formaat soos deur INTERGIS vereis
- Databasis populasie vanaf INTERGIS
- Databasis populasie met data van sekere ander vleisbeesbestuur sagteware
- Geboortekennisgewings instuur na Stamboek
- Rekenaarnommers opneem*
- Prestasietoetsdata instuur na LNR
- Prestasietoetsdata van Fase A, B, C & D toetse opneem*
- Teelwaardes opneem
* Logix elektroniese gebruikers
- Bereken inteelkoëffisiënte vir moontlike parings
- Voorkom onbeplande inteling
- Data uitruiling met Genus 2000
- Stamboom inligting
- Teelwaardes
- Gebruikersvriendelik
- Logiese menu
- Vinnige en maklike data-invoer skerms – standaard & gebruiker-aanpasbaar
- Kragtige soek-, sortering en seleksie funksies
- Verskeie standaard en gebruiker-aanpasbare seleksie- en bestuursverslae
- Verslae
- Weeglyste
- Prestasietoetse
- Koei nageslag opsommings
- Stambome
- Inspeksielyste
- Veilingskatalogusse
- Oordragte/kansellasies
- Lyste van kodes en beskrywings
- Bestuursgroep lyste
- Bestuurskalender en –dagboek
- Teken roetine en ad hoc bestuurstake aan
- Herinner u aan take wat gedoen moet word
- Adreslys
- Naam, posadres, tel-, sel- & faksno’s, e-pos adresse, ens.
- Druk adresetikette
- Handig vir gebruik met bemarking van diere, bestellings plaas en dienste aanvra
- Die enigste vleisbeesbestuur sagteware wat beide amptelike (INTERGIS) en BeefPro verwerkte indekse, ens. stoor
- Uitgebreide data kontrole en foutopsporing funksies
- Waarskuwing indien ongeldig data ingelees word of as belangrike data ontbreek
- Voorkom dat ongeldige/onvolledige data na Stamboek/LNR gestuur word, bv.:
- Ongeldige ouer, gewig of toetsdatums
- Ontbrekende rekenaarnommer
- Ongeldige ouderdomsvariasie by toetsgroepe
- Fotos van diere kan gestoor en vertoon word by dierrekord
- Algemene notas kan by elke dier gestoor word
- Voorraad registers
- Medisyne en entstowwe
- Semen
- Die enigste vleisbeesbestuur sagteware met landswye gebruikersondersteuning en bemarking deur LNR beamptes en privaat agente
- Voortdurende gebruikers-gedrewe ontwikkeling en opgradering
- LNR hou gebruikers behoefte/voorstelle lys (“Wish list”) by
- LNR koördineer prioritiete vir nuwe ontwikkelings/veranderings
BINNEKORT OOK…
- Voorsiening vir embrio spoelings & inplantings data
- Integrasie met elektroniese skale en “Pocket PC” rekenaars (met “Windows Mobile OS”)
- Integrasie met die LNR se weidingsbestuur program (Stock Manager)
- Integrasie met ‘n finansiëlebestuur program
- Rekordhouding van veegetalle en totale gewig per groep en die totale kudde
- Ander behoeftelys prioriteite…
WAT BIED BeefPro VIR DIE KOMMERSIËLE VLEISBEESBOER?
Soos reeds genoem is BeefPro ewe geskik vir stoet- en kommersiële kuddes en kan dit ewe goed as ‘n onafhanklike vleisbees bestuursprogram gebruik word of as integrale deel van stoetteling en/of prestasietoetsing deur die Nasionale Vleisbeesverbeteringskema van die LNR. Die meeste bestuursfunksies waarvoor BeefPro voorsiening maak (byvoorbeeld koppeling van diere diere aan bestuursgroepe, parings, dragtigheidsondersoeke, geboortes, wegings, dieregesondheid, verkope, uitskotredes, ens.) geld vir alle beeste – ongeag of dit stoet of kommersiële diere is. Slegs ‘n klein aantal van die funksies in BeefPro wat direk verband hou met registrasie/stoetteling van diere (byvoorbeeld inspeksies en linięre klassifikasie) sal hoofsaaklik deur stoettelers gebruik word. [‘n Kommersiële vleisbeesboer kan natuurlik ook self sy diere “inspekteer” om te bepaal watter is goed genoeg vir teling en rekord hou van die redes waarom diere uitgeskot word].
Wat prestasietoetsing betref, is BeefPro die enigste vleisbeesbestuur sagteware wat alle prestasietoetsverwerkings doen presies soos dit deur die LNR se Nasionale Vleisbeesverbeteringskema gedoen word. Die meeste kommersiële vleisbeesboere sal waarskynlik net belang stel om indeksverwerkings te doen van eienskappe wat op sy koeie, kalwers en vervangingsverse gemeet word (byvoorbeeld, speengewigte van alle kalwers en naspeengewigte van vervangingsverse). Slegs die enkele funkies in BeefPro wat verband hou met groeitoetse van bulle (byvoorbeeld voerinnames, liggaamsmates en ultrasoniese metings van karkaseienskappe) sal waarskynlik nie gebruik word deur kommersiële vleisbeesboere nie.
Die enigste ander BeefPro funkies wat kommersiële vleisbeesboere, wat nie lid is van die Nasionale Vleisbeesverbeteringskema van die LNR nie, nie sal gebruik nie, is die funkies vir elektroniese dataversending en –opname (byvoorbeeld prestasietoetsdata instuur na die LNR en verwerkte prestasietoetsdata en teelwaardes opneem).
REKENAARVEREISTES
Minimum stelsel spesifikasies:
- IBM-versoenbare Pentium II of kragtiger rekenaar met:
- 128Mb of groter RAM (afhangende van Windows weergawe)
- 100Mb hardeskyf spasie
- Windows 98, 2000, 2003, XP of NT
Aanbevole stelsel spesifikasies:
- Pentium 4 2GHz rekenaar met:
- 512Mb RAM
- 100Mb hardeskyf spasie
- Windows 2000, XP of 2003
MEER INLIGTING
| Kontak asseblief: |
| Leslie | Bergh |
| Tel: (012) 672 9145 |
| Sel: 082 801 2026 |
| Faks: (012) 672 9087 |
| E-pos: leslie@arc.agric.za |
| Johan | de Jager |
| Tel: (012) 672 9054 |
| Sel: 083 305 1042 |
| Faks: (012) 672 9002 |
| E-pos: jjager@arc.agric.za |
Webwerf: www.beefpro.net