Die volgende program dien as riglyn vir beesboere in die Rustenburgdistrik. Na gelang van omstandighede kan die program aangepas word; kontak gerus u veearts vir meer besonderhede.
| 1) Onder drie weke oud | Hartwaterbloed en kalwerparatifus |
| 2) Vier maande oud | Spons-/lamsiekte; Miltsiekte |
| 3) Een maand later | Herhaal Spons-/lamsiekte; Besmetlike misgeboorte(Brucella S19 — slegs verse) |
| 4) Een maand later | Knopvelsiekte ; Brucella RB51 (slegs verse) |
| 5) Twee weke na speen | Lewendige BVD kombinasie |
| 6) Een maand later | Lewendige BVD kombinasie |
Probeer om die entstowwe onder punte 2 tot 4 voor speen toe te dien, aangesien kalwers direk na speen onder baie stres verkeer en dan nie goed sal immuniseer nie.
| Jaarliks in vroegsomer | Spons-/lamsiekte, Miltsiekte |
| Drie tot vier weke later | Knopvelsiekte |
| Melkkoeie en bulle (Kan saam met Knopvelsiekte gegee word) | Drie-dae-stywesiekte |
| Verse een maand voor na bul gaan en koeie drie weke na kalwing | Lewendige BVD kombinasie |
| Drie-dae-stywesiekte | Dien aan vleiskoeie toe indien daar baie vleie en oop damme op die plaas voorkom. |
| Slenkdalkoors (geïnaktiveerde entstof) | Goeie reënjare. |
| Campylobacter (Vibriose) | Een maand voor teelseisoen indien kudde of buurplase besmet is. |
Hier word aangeneem dat die kalf reeds al die inentings soos onder KALWERS bespreek, ontvang het
| Ses weke voor toets of verkoop | Mannheimia (Pasteurella) en virusasemhalingsiekte-kombinasies |
| Drie weke voor toets of verkoop | Tweede Mannheimia en multiklostridiale inenting. |
Hierdie entings moet verkieslik gedoen word voordat die kalf in die voerkraal of Fase D ingaan.