Dr W J Grobler BVSc
Die volgende inentingsprogram word deur die veeartse van Protea Dierekliniek gebruik. Dit kan egter verskil van die program wat ander veeartse gebruik, dus moet u u eie veearts raadpleeg indien sy/haar program van dié een verskil. Inentingsprogramme is nooit rigied nie, dit behoort na gelang van omstandighede en veranderinge in siektetendense gewysig te word. Hierdie inentingsprogram word hier weergegee ter inligting en nie met die bedoeling dat eienaars hul diere self moet inent nie.
Dring altyd aan op 'n inentingsertifikaat wanneer u 'n hondjie of katjie aankoop. Dit is die enigste sekere bewys dat so 'n diertjie wel geënt is. U moet egter daarop let dat siektes steeds kan voorkom selfs al is die diertjie daarteen geënt.
| ||||||||||||
Die kombinasie-entstof van honde bestaan uit die volgende organismes:
Die volgende organismes word soms ingesluit in die inenting:
Daar is deesdae 'n entstof teen bosluiskoors beskikbaar. Kliek hier vir meer inligting. Op hierdie stadium bestaan daar nie 'n entstof teen bosluisbytkoors nie. In die geval van dié siekte is tydige behandeling van kardinale belang.
| ||||||||||
Die virus wat Katleukemie verwek, kan in 'n aparte inenting toegedien word. Hierdie siekte is van groot belang in 'n teelopset.
Daar word huidiglik gewerk aan inenting teen VIGS van katte of die virus van Aansteeklike buikvliesontsteking (FIP) nie.