Wurms in honde en katte

Dr C N Sparks BVSc



INLEIDING

Wurms is sekerlik van die mees onderskatte oorsake van siekte en dood in honde en veral jong hondjies word hierdeur geraak.† Een van die mees algemene vrae wat deur troeteldiereienaars gevra word is hoe gereeld hul diere ontwurm moet word.† Die algemene beginsel is om jong diere op 3 weke, 6 weke en dan maandeliks te ontwurm tot op 6 maande.† Hierna kan diere elke 6 maande ontwurm word.† Soms is dit nodig om selfs meer gereeld te ontwurm.† Die volgende faktore sal die frekwensie van ontwurming verhoog:†


HAAKWURM

Hierdie is by verre die gevaarlikste wurm wat veral in klein hondjies vrektes veroorsaak.† Die volwasse wurms leef in die dermkanaal van die hond waar hulle aan die slymvlies vasheg en bloed suig.† Dit veroorsaak bloedarmoede wat dan die dier se dood kan veroorsaak.† Die meeste honde word besmet deurdat die besmetlike larwes die hond deur die vel binnedring maar die diere kan ook mondelings besmet word.† Klein hondjies word besmet deur die melk van die moeder (baie algemeen) maar kan selfs al in die baarmoeder besmet word.

'n Mikrofoto van die monddele van die haakwurm van honde, Ancylostoma caninum.

Dit is interessant om te kyk na die lewenssiklus van die wurm waar dit die hond deur die vel binnedring:† Eerstens lÍ die volwasse wurms eiers wat in die mis van die hond uitgeskei word en dan buite die hond tot besmetlike larwes ontwikkel.† Die larwes dring dan die dier deur die vel binne, migreer deur die limfvate en bloedvate tot in die hart, vanwaar hulle d.m.v. die longbloedvate die longe binnedring tot in die klein longbuisies.† Hulle beweeg dan op in die lugpyp, word uitgehoes, ingesluk en beland dan in die dermkanaal waar hulle tot volwasse wurms ontwikkel.† (RAAR MAAR WAAR !)

Die lewenssiklus van haakwurm in honde Haakwurm in die dunderm

Die hele lewenssiklus neem ongeveer 2 weke om te voltooi wat beteken dat klein hondjies al op 2 weke oud besmet kan wees met bloedsuiende volwasse wurms.† 'n Teef wat as klein hondjie besmet is kan tot 4 werpsels deur haar melk besmet.† In katte is haakwurm gewoonlik nie so 'n groot probleem nie en die besmetting vind slegs mondelings of deur die vel plaas.

Tekens van besmetting:

BELANGRIKHEID IN MENSE:
Die larwes kan deur die vel van mense dring(bv. kinders wat in sandput speel) en onder die vel migreer. Dit is gewoonlik baie irriterend.


SPOELWURM

Hierdie is 'n baie algemene wurm in honde en katte.† Haakwurm word selde gesien in die mis maar spoelwurm is baie maklik om te sien ó hulle lyk soos wit erdwurms.† Die teef word besmet as sy eiers mondelings inneem, die larwes broei uit en migreer deur die weefsel van die teef.† Hulle besmet dan die ongebore kleintjies in die baarmoeder of soms deur die melk en ontwikkel tot volwassenes in die dermkanaal.† Eiers kan vir lang tye (selfs jare lank) in die omgewing oorleef as toestande gunstig is. Ander diere soos muise en insekte kan as tussengashere optree.

Die lewenssiklus van spoelwurm in honde Erge spoelwurmbesmetting in 'n hondjie

Tekens van besmetting:

BELANGRIKHEID IN DIE MENS:
Dit kan die mens besmet deur kontaminasie van kos en hande.† Kinders is veral vatbaar waar hulle speel op grond of gras.† Die eiers word mondelings ingeneem en die larwes kan na alle organe migreer bv.† lewer, longe en selfs brein.


SAMBOKWURM

Slegs honde.† Nie baie algemeen nie.† Eiers word mondelings ingeneem, broei uit in die dunderm en die larwes penetreer die slymvlies van die dunderm en blindederm waar hulle tot volwassenes ontwikkel.† Die lewenssiklus neem ongeveer 70 tot 90 dae om te voltooi.†

Tekens van besmetting:

Sambokwurm het geen effek op die mens nie.


LINTWURM

Lintwurm is die mees algemene wurm by katte.† Daar is 'n magdom verskillende lintwurm spesies wat honde, katte, beeste, skape en varke affekteer.†

Daar is hoofsaaklik 2 groepe belangrik in troeteldiere:

  1. By die eerste groep tree vlooie en myte op as tussengasheer.
  2. By die tweede groep tree skape, bokke, beeste en varke op as tussengasheer.

Groep 1

Honde en katte word besmet met die wurms wanneer hulle hulself skoonlek en van die vlooie inneem.† Die wurms ontwikkel tot volwassenes in die dier se dermkanaal binne drie weke.† D.w.s. 'n dier kan weer binne 3 weke besmet wees na behandeling en dit is hoekom eienaars soms kla dat hulle die dier ontwurm het en dat dit nie lyk of dit effektief was nie.† Goeie vlooibeheer is noodsaaklik om hierdie groep te beheer.


BELANGRIKHEID IN DIE MENS:
Kinders wat met troeteldiere speel en per ongeluk besmette vlooie inneem, sal net soos die diere ook dan lintwurms ontwikkel in die dermkanaal.

Die lewenssiklus van lintwurm (Dipyllidium) Lintwurm in die dunderm


Groep 2

Die wurms vorm siste in die spier, brein en ingewande van hierdie diere.† Die siste word ingeneem waar ongekookte afval en diereprodukte aan honde gevoer word, waarna die siste dan verder tot volwassenes in die dermkanaal ontwikkel.† Om hierdie groep te beheer is dit noodsaaklik om nie ongekookte vleis en afval aan u honde te voer nie.

BELANGRIKHEID IN DIE MENS:
Hierdie groep is baie gevaarlik aangesien dit siste in die mens kan veroorsaak en hierdie siste kom dikwels in die brein voor. Gelukkig is hierdie lintwurms nie baie algemeen in ons area nie.

Tekens van lintwurmbesmetting in diere:


Erkenning vir prente: Inligtingsplakkaat oor wurmbeheer uitgegee deur VIRBAC Dieregesondheid, Privaatsak X115, Halfway House 1685