Ons praktyk is geleë in die Platinumhoofstad van Suid-Afrika, Rustenburg, slegs 'n paar kilometer van die Magaliesberge.  Reeds vanaf die vroeë sewentigerjare in bedryf, word feitlik enige soort dier hier behandel.  Die oorgrote meerderheid van siek diere is egter honde en katte, maar al hoe meer voëls en klein troeteldiere soos hamsters duik deesdae hier op.

Diere word ook dikwels op nabygeleë plase besoek.  Sodanige oproepe behels meestal siek diere of koeie wat sukkel om te kalf, maar dragtigheidsondersoeke van koeie en vrugbaarheidsondersoeke van bulle maak ook 'n redelike groot deel van die werkslading uit.

Vooraansig van die kliniek.Vooraansig met Centralvet regs.