Die virus van beesvirusdiarree (BVD) kom vermoedelik wydverspreid by beeste voor, maar veroorsaak slegs sporadiese probleme. Dit word oorgedra deur neusafskeidings, speeksel, mis, uriene en bloed of deur kontak met besmette voorwerpe. Dit dring deur die neus of die mond die liggaam binne en vermenigvuldig in die dier se liggaam.
Daar is twee tipes virus wat voorkom :
Die mees algemene simptome is :


Daar is twee benaderings nl:
Om dit te bereik en te handhaaf moet die kudde getoets word en enige dier met blywende infeksies verwyder word. Daarna moet slegs beeste wat skoon toets in die kudde ingebring word. Onthou dat bulle BVD deur middel van semen kan oordra en dus spesiale aandag gegee moet word dat koeie van rondloperbulle weggehou word.
Enting met die dooie entstof kan aangewend word om aborsies en fetale misvormings te verhoed. Dit moet vroeg in dragtigheid gegee word om blootstelling aan die virus te verhoed. Jong kalwers word dan op speenouderdom ingeënt.
Dit kan gebruik word vir diere waarmee nie geteel word soos voerkraalbeeste.Die lewende entstof moet nie vir dragtige diere of vir kalwers wat nog soog gebruik word nie. Die BVD-virus in die lewende entstof word gewoonlik gekombineer met ander virusse, soos aansteeklike beesrinotrageitis (IBR), parainfluenza 3 (PI3) en respiratoriese sinsitiale virus om respiratoriese siektes wat deur hierdie virusse veroorsaak word te verhoed. Die primêre inenting word toegedien met die tweede dosis 4 weke later.
Hierdie entstof kan vir alle beeste, dragtiges ingesluit, gegee word. Kalwers van geënte koeie sal passiewe immuniteit besit, en dus behoort hulle eers op ses maande ouderdom die enting te kry.Indien kalwers voor ses maande geënt word, moet hulle weer op ses maande geënt word. Die nadeel van die dooie entstof is dat dit jaarliks herhaal moet word.
In die praktyk kan vervangingsverse ingeënt word met die lewendige entstof op 8 maande en 'n skraagdosis een maand later. Hierna behoort sy hopelik lewenslank immuun te wees. Koeie kan òf jaarliks met die dooie entstof geënt word òf met die lewendige entstof in die periode tussen kalwing en voor sy weer bul toe gaan. Hier behoort twee entings 'n jaar uitmekaar met die lewende entstof ook 'n lewenslange immuniteit te gee.
Neem kennis dat BVD wel in die Rustenburgomgewing voorkom en dit u die moeite sal loon om voorsorg daarteen te tref. Kontak u plaaslike veearts vir meer besonderhede oor hierdie siekte en veral oor die inentingsprogram wat geskik sal wees vir u kudde.
Erkenning vir foto's:
Bristol Biomedical
Image Archive © 1999 Universiteit van Bristol