Dr G Gaigher BVSc
Die virus van beesvirusdiarree (BVD) kom volgens onlangse opnames wydverspreid in Suid-Afrika onder beeste voor, maar veroorsaak slegs sporadies probleme. Dit word oorgedra deur neusafskeidings, speeksel, mis, uriene en bloed of deur kontak met besmette voorwerpe. Dit dring deur die neus of die mond die liggaam binne en vermenigvuldig in die dier se liggaam.
Daar is twee tipes virus wat voorkom :
Hierdie diere tree as bron van die virus in die kudde op. Indien hierdie kalwers later aan die sitopatogeniese virus blootgestel word, sal 'n sindroom genoem mukosasiekte (Eng: "mucosal disease" of MD) gepresipiteer word. Beeste wat deur MD geaffekteer word sal 'n verlies aan eetlus toon en sal sere in die bek en buikloop ontwikkel. Die BVD-virus kan ook met ander virusse en Mannheimia (Pasteurella) haemolytica bydra tot die ontwikkeling van respiratoriese siekte in beeste in voerkrale.
Die mees algemene simptome is :

Fig. 1: Jong kalf met onderontwikkelde kleinbrein. Let op hoe wyd die kalf se pote geplant is om balans te probeer behou.

Fig. 2: Erge onderontwikkelde kleinbrein in 'n kalf wat voor geboorte besmet is met die BVD-virus. Die kleinbrein is gewoonlik 3 tot 4 keer groter as in dié geval.

Fig. 3: 'n Groot seer op die bekslymvlies van 'n bees veroorsaak deur besmetting met BVD.
Daar is twee benaderings nl:
Om dit te bereik en te handhaaf moet die kudde getoets word en enige dier met blywende infeksies verwyder word. Daarna moet slegs beeste wat skoon toets in die kudde ingebring word. Onthou dat bulle BVD deur middel van semen kan oordra en dus spesiale aandag gegee moet word dat koeie van rondloperbulle weggehou word. Aangesien nog geen kuddes in Suid-Afrika heeltemal skoon getoets het nie, is hierdie slegs 'n teoretiese oplossing.
Enting met die dooie entstof kan aangewend word om aborsies en fetale misvormings te verhoed. Dit moet vroeg in dragtigheid gegee word om blootstelling aan die virus te verhoed. Jong kalwers word dan ongeveer twee weke na speen ingeënt met die lewende entstof en weer na vier weke.
Dit kan gebruik word vir diere waarmee nie geteel word soos voerkraalbeeste. Die lewende entstof moet nie vir dragtige diere of vir kalwers wat nog soog gebruik word nie. Die BVD-virus in die lewende entstof word gewoonlik gekombineer met ander virusse, soos aansteeklike beesrinotrageitis (IBR), parainfluenza 3 (PI3) en respiratoriese sinsitiale virus (BRSV) om respiratoriese siektes wat deur hierdie virusse veroorsaak word te verhoed. Die primêre inenting word toegedien met die tweede dosis 4 weke later.
Die volgende kommersiële entstowwe bevat lewende BVD-virus:
Hierdie entstof kan vir alle beeste, dragtiges ingesluit, gegee word. Kalwers van geënte koeie sal passiewe immuniteit besit, en dus behoort hulle eers op ses maande ouderdom die enting te kry.Indien kalwers voor ses maande geënt word, moet hulle weer op ses maande geënt word. Die nadeel van die dooie entstof is dat dit jaarliks herhaal moet word.
Die volgende kommersiële entstowwe bevat geïnaktiveerde BVD-virus:
In die praktyk kan vervangingsverse ingeënt word met die lewendige entstof op 8 maande en 'n skraagdosis een maand later. Hierna behoort sy hopelik lewenslank immuun te wees. Koeie kan òf jaarliks met die dooie entstof geënt word òf met die lewendige entstof in die periode tussen kalwing en voor sy weer bul toe gaan. Hier behoort twee entings 'n jaar uitmekaar met die lewende entstof ook 'n lewenslange immuniteit te gee.
Neem kennis dat BVD wel in die Rustenburgomgewing voorkom en dit u die moeite sal loon om voorsorg daarteen te tref. Onthou egter dat daar baie ander siektes is wat soortgelyke simptome kan gee, dus is dit raadsaam om met 'n veearts te skakel as u sulke simptome opmerk.
Erkenning vir foto's:
Figg. 1 en 2: Bristol Biomedical
Image Archive © 1999 Universiteit van Bristol
Fig. 3: Compendium on Continued Education for the Practicing Veterinarian Feb 1997