Op 28 Mei 2008 het die Yorkshiretefie 'Molly' in kraam gegaan. Nadat sy vir sestig minute nie vordering gemaak het nie, is besluit om haar kleintjies met 'n keisersnit in die lewe te bring. Hierdie is 'n fotobeeld van die operasie waarin 'n reuntjie en 'n tefie die lig gesien het. Kliek op enige van die foto's om 'n groter weergawe en kort beskrywing daarvan te sien. Me. Pieterse van Rustenburg word bedank vir die foto's.