Die buikspiere word met 'n sterk aaneenlopende steek toegewerk. Dan word die onderhuidse weefsel met dieselfde tipe steek bymekaargetrek en laastens die vel met onderbroke steke geheg. Die velsteke word normaalweg na 10 dae verwyder.