Gerald Gaigher, gebore te Zeerust, het in 1969 as veearts gekwalifiseer. Is getroud met Cecile en het drie dogters. Stel baie belang in grootdierwerk en -teling en besit sy eie Bonsmarastoet.






Kobus Grobler kom oorspronklik van Pretoria en het in 1987 sy graad verwerf. Hy is getroud met Magda en het twee dogters en 'n seun. Hy hou die meeste van chirurgie, veral in kleindiere. Behalwe vir die instandhouding van hierdie webblad bedryf hy sy eie webblad waarin hy evolusie bespreek in die lig van sy opleiding en ondervinding as veearts.






Komende van Middelburg het Newton Sparks in 1993 sy studies voltooi. Hy en Karlien het 'n seuntjie en 'n dogtertjie. Newton hou baie daarvan om met voëls te werk en geniet ook kleindierchirurgie.






Tine van Egdom née du Plessis is van Rustenburg en het in 2002 haar graad voltooi.  Sy het vanaf 2003 tot Maart 2005 baie ondervinding met voëls opgedoen in een van die topvoëlpraktyke in Johannesburg en geniet dit baie om met hulle te werk.  Sy is vanaf April 2005 as assistent werksaam by Protea Dierekliniek en is in September 2007 met Gerrit in die eg verbind.